Banyana Banyna kry uiteindelik hul wengeld

Sokker: Suid-Afrika se beheerliggaam, Safa, het aangekondig 23 Banyana Banyana-spelers en 12 ondersteunings-personeellede het almal hul betalings ontvang nadat hulle in Julie as die kampioen bekroon is op die Afrika-bekertoernooi vir Vroue. Safa se finansiële hoof, Gronie Hluyo, sê hulle het elk ‘n gelyke deel van die aansporingsbedrag van 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang. Hluyo sê Safa het die Afrika-beheerliggaam, CAF, se eerste prys van 8,4 miljoen rand gehou, in ‘n poging om die geld terug te kry wat bestee is om die span vir die toernooi voor te berei.