Brandstof kan in Desember weer skerp in SA styg

Alle aanduidings is dat petrol en diesel weer Desember skerp in die buurland sal styg. Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui aan dat die volgende styging in brandstofpryse gegrond op onderverhalings op 7 Desember, verwag kan word: Petrol kan met 1 Suid-Afrikaanse rand 25 sent per liter styg, diesel tussen 60 en 69 sent per liter en paraffien met 42 sent per liter. Die bogenoemde data is vandag vasgestel.