Ambagsmynbou onder die loep in SA

Die burgemeester van Mogale City, Tyrone Gray, sê dit is tyd dat die regering ambagsmynbou formaliseer. Dit volg nadat 21 liggame hierdie week in ‘n myn in Krugersdorp gevind is. Gray sê dit is ‘n moontlike oplossing om onwettige mynbou hok te slaan. Die polisie het intussen aangedui dat geen gemene spel vermoed word nie. Gray sê ook die regering moet die myngebiede herontwerp en beveilig om onwettige mynbou te staak.