Proteas wil bordjies verhang teen Windies

Krieket: Die Proteas kan dalk ‘n terugkeer maak in hulle reeks van drie T20-wedstryde teen die Windies, met die oorblywende twee wedstryde wat hierdie naweek gespeel word. Suid-Afrika het die eerste wedstryd in Jamaika met 28 lopies verloor ten spyte van ‘n loopbaan-beste 87 deur Reeza Hendricks. Die T20-Wêreldbeker vind volgende maand in Amerika en die Wes-Indiese eilande plaas en Hendricks sê die Proteas sal vinnig by die omstandighede moet aanpas.