Ramaphosa sal Sondag verslag oor Phala Phala doen 

Die Suid-Afrikaanse presidensie sê President Cyril Ramaphosa sal Sondag se sperdatum nakom om te reageer op vrae van parlementslede oor die diefstal op die plaas Phala Phala. Ramaphosa is aanvanklik tien dae gegun om aan ‘n onafhanklike paneel verslag te doen oor die beweerde diefstal van miljoene rand op sy plaas in Limpopo. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die besonderhede van die President se voorlegging sal beskikbaar gestel word sodra die paneel sy werk afgehandel het.