Djokovic moet vandag alles in Turyn insit

Die vyfmalige kampioen, Novak Djokovic, gaan vandag in Turyn probeer om die halfeindronde te haal wanneer hy kragte meet teen die Rus, Andrey Rublev in die ATP-jaareindtoernooi se rooi groep. Die twee se ATP Head2Head-reeks staan tans op een elk met Rublev wat vroeër vanjaar die Serwiër in sy spore gestuit het in die eindronde van die toernooi in sy tuisdorp, Belgrado. Intussen speel Stefanos Tsitsipas van Griekeland […]

Read More

Prasa spaar R200m met identifikasie van spookwerkers

Die buurland parlementêre portefeuljekomitee vir vervoer het die aankondiging verwelkom dat die betaling van miljoene rand aan spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap gestaak is. Die regering het vroeër vanjaar uitgevind daar is drie-duisend ongeverifieerde werknemers op Prasa se betaalstaat. Die agentskap sê hy het meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand gespaar sedert die spookwerkers se salarisse gestop is. Die komitee se voorsitter, Lisa Mangcu, sê Prasa moet maatreëls […]

Read More

Nekundi sê oorgrens-verskuiwing van winste moet tot ‘n einde kom

Tydens ‘n parlementêre sitting het die Namibiese adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sy mening oor die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting gegee, wat deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is. Nekundi sê hy is vol vertroue dat die wysiging NamRA in staat sal stel om meer inkomste in te vorder en belastinggebaseerde erosie te bekamp. Hy sê […]

Read More

R33m verhaal van studente-hulpfonds geld in SA

Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland het ten minste 33 miljoen Suid-Afrikaanse rand verhaal wat die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema aan die Northlink-kollege in die Wes-Kaap betaal het – geld wat na studente moes gaan. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die kollege het die geld tussen 2017 en verlede jaar ontvang, maar dit nie […]

Read More

Kommer oor lenings vir energie-oorgang deur ANC-regering

Die Alternatiewe Inligting- en Ontwikkelingsentrum in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die aantal lenings-ooreenkomste vir energie-oorgang wat Suid-Afrika vanaf multilaterale ondernemings onderteken. Die ooreenkomste, wat sowat 146 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop, word onderteken in ‘n poging om oor te skakel na ‘n groen ekonomie. Die sentrum se senior ekonoom, Dick Forslund, sê daar is ‘n gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid vanaf […]

Read More

Robbe moenie tussen November en Februarie gepla word nie

Die Namibiese ministerie van visserye maan die publiek om weg te bly van robbe op die strand, veral tydens robbe se teelseisoen vanaf November tot Februarie. Die publiek word gemaan om nie die robbe te versteur nie en ook nie verlore welpies op te tel nie. Daar hoef ook nie kommer oor robkarkasse op strande te wees nie, want […]

Read More

Outa vol vertroue Aarto-wet sal waai

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die Organisasie teen Belastingmisbruik se aansoek oor die administratiewe beregting van padverkeersoortredings, of Aarto-stelsel. Die organisasie hoop die Konstitusionele Hof bevestig ‘n uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof dat die huidige Aarto-wetgewing geskrap moet word. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, sê die Hooggeregshof het in Januarie bevind die Aarto-wet en die Aarto-wysigingswet is ongrondwetlik en ongeldig: 

Read More

Rehoboth se krag is met 8% op 

Die Rehoboth-dorpsraad het aangekondig dat sy kragtariewe reeds op 1 November met 8 persent gestyg het. Die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte Simeon Kanime sê die Elektrisiteitsbeheerraad het reeds op 1 Oktober goedkeuring daarvoor gegee. Die verhoging sal vir die 2022-2023 finansiële jaar van toepassing wees. Stad Windhoek het sy kragtariewe met 7,8 persent in Julie vanjaar opgestoot. 

Read More

Paroolgangers word herhaaldelik in die Kaap weer gearresteer

Die Stad Kaapstad is bekommerd oor paroolgangers wat na hulle vrylating weer misdaad pleeg. ’n Paroolganger was een van 400 verdagtes wat die afgelope week in die stad in hegtenis geneem is vir verskeie misdade. Hy is in Hanoverpark met dwelms in sy skoene betrap. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, JP Smith, sê daar is geen sin daarin om polisiehulpbronne uit te brei as […]

Read More

Rusland se oorlog is onwettig – Europese Kommissie

Die Europese Kommissie sê Rusland se oorlog is nie net ongeregverdig, sonder aanleiding en onwettig nie, dit veroorsaak enorme lyding in Oekraïne en skade aan die wêreldekonomie. Die kommissie se president, Ursula von der Leyen het by die G20-beraad in Bali gesê die Europese Unie veroordeel die oorlog ten sterkste. Sy sê die oorlog het mense se […]

Read More