Prasa spaar R200m met identifikasie van spookwerkers

Die buurland parlementêre portefeuljekomitee vir vervoer het die aankondiging verwelkom dat die betaling van miljoene rand aan spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap gestaak is. Die regering het vroeër vanjaar uitgevind daar is drie-duisend ongeverifieerde werknemers op Prasa se betaalstaat. Die agentskap sê hy het meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand gespaar sedert die spookwerkers se salarisse gestop is. Die komitee se voorsitter, Lisa Mangcu, sê Prasa moet maatreëls instel om seker te maak dit gebeur nie weer nie: