Djokovic moet vandag alles in Turyn insit

Die vyfmalige kampioen, Novak Djokovic, gaan vandag in Turyn probeer om die halfeindronde te haal wanneer hy kragte meet teen die Rus, Andrey Rublev in die ATP-jaareindtoernooi se rooi groep. Die twee se ATP Head2Head-reeks staan tans op een elk met Rublev wat vroeër vanjaar die Serwiër in sy spore gestuit het in die eindronde van die toernooi in sy tuisdorp, Belgrado. Intussen speel Stefanos Tsitsipas van Griekeland en Daniil Medvedev van Rusland ook vandag teen mekaar. Die verloorder se hoop op die halfeindronde sal ‘n reuse-knou kry.