Outa vol vertroue Aarto-wet sal waai

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die Organisasie teen Belastingmisbruik se aansoek oor die administratiewe beregting van padverkeersoortredings, of Aarto-stelsel. Die organisasie hoop die Konstitusionele Hof bevestig ‘n uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof dat die huidige Aarto-wetgewing geskrap moet word. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, sê die Hooggeregshof het in Januarie bevind die Aarto-wet en die Aarto-wysigingswet is ongrondwetlik en ongeldig: