Kommer oor lenings vir energie-oorgang deur ANC-regering

Die Alternatiewe Inligting- en Ontwikkelingsentrum in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die aantal lenings-ooreenkomste vir energie-oorgang wat Suid-Afrika vanaf multilaterale ondernemings onderteken. Die ooreenkomste, wat sowat 146 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop, word onderteken in ‘n poging om oor te skakel na ‘n groen ekonomie. Die sentrum se senior ekonoom, Dick Forslund, sê daar is ‘n gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid vanaf die regering omdat Suid-Afrikaners nie bekend is met die bepalings en voorwaardes van die lenings nie: