Robbe moenie tussen November en Februarie gepla word nie

Die Namibiese ministerie van visserye maan die publiek om weg te bly van robbe op die strand, veral tydens robbe se teelseisoen vanaf November tot Februarie. Die publiek word gemaan om nie die robbe te versteur nie en ook nie verlore welpies op te tel nie. Daar hoef ook nie kommer oor robkarkasse op strande te wees nie, want die ministerie monitor die robbe se toestande en gedrag en aandag word aan enige abnormaliteite gegee.