Rusland se oorlog is onwettig – Europese Kommissie

Die Europese Kommissie sê Rusland se oorlog is nie net ongeregverdig, sonder aanleiding en onwettig nie, dit veroorsaak enorme lyding in Oekraïne en skade aan die wêreldekonomie. Die kommissie se president, Ursula von der Leyen het by die G20-beraad in Bali gesê die Europese Unie veroordeel die oorlog ten sterkste. Sy sê die oorlog het mense se oë oor baie kwessies laat oopgaan, onder andere oor energie waar Rusland gas verbrand eerder as verkoop en daardeur die globale energiemark kniehalter. Von der Leyen het herhaal dat hulle die instelling van ‘n prysperk op olie ondersteun.