Rehoboth se krag is met 8% op 

Die Rehoboth-dorpsraad het aangekondig dat sy kragtariewe reeds op 1 November met 8 persent gestyg het. Die dorpsraad se hoof uitvoerende beampte Simeon Kanime sê die Elektrisiteitsbeheerraad het reeds op 1 Oktober goedkeuring daarvoor gegee. Die verhoging sal vir die 2022-2023 finansiële jaar van toepassing wees. Stad Windhoek het sy kragtariewe met 7,8 persent in Julie vanjaar opgestoot.