R33m verhaal van studente-hulpfonds geld in SA

Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland het ten minste 33 miljoen Suid-Afrikaanse rand verhaal wat die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema aan die Northlink-kollege in die Wes-Kaap betaal het – geld wat na studente moes gaan. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die kollege het die geld tussen 2017 en verlede jaar ontvang, maar dit nie toegeken aan studente nie, maar eerder sonder magtiging belê. Kanyago sê die eenheid bereken die rente wat vanaf die aanvangsdatum uit die belegging verdien is.