Paroolgangers word herhaaldelik in die Kaap weer gearresteer

Die Stad Kaapstad is bekommerd oor paroolgangers wat na hulle vrylating weer misdaad pleeg. ’n Paroolganger was een van 400 verdagtes wat die afgelope week in die stad in hegtenis geneem is vir verskeie misdade. Hy is in Hanoverpark met dwelms in sy skoene betrap. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, JP Smith, sê daar is geen sin daarin om polisiehulpbronne uit te brei as die stelsel as ʼn geheel nie behoorlik geïntegreer is om misdadigers doeltreffend te hanteer nie: