Phala-Phala-verslag se sperdatum uitgestel

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die sperdatum vir die onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid tot 30 November verleng. Mapisa-Nqakula het korrespondensie in dié verband ontvang van die voorsitter van die onafhanklike paneel van kundiges, oud-hoofregter Sandile Ngcobo. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê Ngcobo het uitstel gevra.