RA neem Okh-Otji-roete onder die loep

Die Paaie-owerheid onderneem ‘n lewensvatbaarheidstudie om die opgradering van die T0107-pad tussen Okahandja en Otjiwarongo te ondersoek. Die doel van die projekstudie is om die tegniese, ekonomiese, omgewings- en maatskaplike lewensvatbaarheid van die opgradering van die pad te bepaal. Die woordvoerder van die owerheid Heleni Fillemon gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Fillemon sê openbare vergaderings oor die pad sal vandag by Otjiwarongo en môre op Okahandja plaasvind.