ANC-raadslede van Tswane was glo gewelddadig

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die veelparty-koalisieregering beoog om strafregtelike klagte teen ANC-raadslede in te dien oor die gewelddadige aanval op die stad se speaker, Murunwa Makwarela. Die raadslede het tydens Dinsdag se raadsvergadering gepoog om die verrigtinge te ontwrig. Williams sê ANC-raadslede het Makwarela gewelddadig aangerand en beeldmateriaal wys hoe hulle die speaker te lyf gaan terwyl lede van die koalisie hom probeer verdedig.