Oorstromings, skade in Tshwane

Die Stad Tshwane het nooddienste en die metropolisie se pogings om inwoners die afgelope week tydens vloedverwante voorvalle by te staan, geloof. Nooddienste het op meer as 40 voorvalle wat met oorstromings verband hou, gereageer. Die stad se burgemeesterkomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê hulle inwoners ook met ‘n verskeidenheid ander dienste bygestaan soos om water weg te pomp, bome wat omgeval het en ander puin te verwyder en maatskaplike verligting te bied: