‘n Engelsman is weer skeidsregter in Springbok-toets teen Italië  

Rugby: Nog ‘n Engelsman sal die 31ste man op die veld wees wanneer Suid-Afrika die naweek in Genoa vir Italië pak. Matthew Carley is as skeidsregter aangewys met sy landgenoot, Wayne Barnes, as assistent nadat hy verlede naweek die Springbokke se toets teen Frankryk hanteer het. Hy het ‘n paar omstrede beslissings gemaak in sy 101ste toetswedstryd, wat ‘n nuwe rekord is. Die ander assistent sal Sam Grove-White van Skotland wees, met die Fransman, Eric Gauzins, die televisie-wedstrydbeampte. Afskoptyd op die Stadio Luigi Ferraris is Saterdagmiddag om drie-uur.