Tweede betoger in Iran kry doodstraf

‘n Iranse hof het ’n tweede betoger tot doodstraf gevonnis vir geweld tydens die Mahsa Amini-optog. Die betoger is beskuldig daarvan dat hy mense in die straat met ‘n mes geterroriseer het, die motorfiets van ‘n burger aan die brand gesteek en ‘n persoon met ‘n mes aangeval het. Minstens tien betogers in Iran is aangekla van oortredings wat die doodstraf dra, insluitend een wat skuldig bevind is aan oorlog teen God of korrupsie op aarde vir die beskadiging van openbare eiendom, sê die kantoor van die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte.