Water: Groot verligting op Outapi, terwyl NamWater op tender wag

Terwyl NamWater ‘n tender uit het vir ‘n water versuiweringsaanleg vir watervoorsiening in die Omusati-streek, het die maatskappy reeds ‘n stelsel daargestel vir die reiniging van water in die tussen tyd. Die stelsel het reeds in Outapi aangekom. Daar word verwag dat dit groot verligting aan inwoners van die gebied sal bring, soos Abraham Nehemia, NamWater se hoof uitvoerende beampte verduidelik.