‘GMO-gewasse’ is veilige antwoord vir voedseltekorte

Die Alliansie vir Wetenskap sê geneties-aangepaste gewasse is veilig en bied ‘n antwoord om wêreldwye honger te verlig. Suid-Afrika, Soedan, Egipte en Burkina Faso lei tans in die kommersialisering van geneties-aangepaste gewasse in Afrika. Die algehele internasionale waarde van die biotegnologie-gewas-mark sal na verwagting teen 2026 sowat 520 miljard Namibiese dollar bereik. Die alliansie sê geneties-aangepaste gewasse is veilig om te verbou en te eet, en vee sowel as mense regoor die wêreld eet dit al vir dekades sonder enige probleme.