Inflasie van drank en tabak styg skerp in Oktober

Gedurende Oktober 2022 het die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank en tabak, wat 12,6 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, met 6,7 persent gestyg vergeleke met die een persent gedurende Oktober van 2021. Volgens die Verbruikersprys-indeks van Oktober is die toename hoofsaaklik die gevolg van ‘n verhoging in die pryse van alkoholiese drank wat met 7,4 persent gestyg het. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers op 0,4 persent gestaan, in vergelyking met die 0,8 persent van September 2022. Tabakpryse het ‘n stadige styging van 3,7 persent in Oktober 2022 gehad, vergeleke met 5,9 persent in Oktober 2021.