Djokovic vat hom in Turyn

Novak Djokovic het in Turyn ‘n rekord geëwenaar met sy sesde oorwinning by ‘n ATP-jaareindtoernooi. Die Serwiër het Casper Ruud van Noorweë met 7-5 en 6-3 afgeransel. Djokovic het die ATP-jaareindtoernooi nou in drie verskillende stede gewen, naamlik Sjanghai in 2008, Londen in 2012, 2013, 2014 en 2015, en vanjaar in Turyn. Die 35-jarige speler het ook die oudste kampioen geword in […]

Read More

Black Beach: Janse van Rensburg oor sy ervaring in die tronk

Daniel Janse van Rensburg, ‘n Suid-Afrikaanse sakeman met Namibiese bande, wat vir meer as 400 dae agter tralies was in die berugte Black Beach-gevangenis in Ekwatoriaal-Guinee, stel vanaand ses-uur sy boek, Black Beach, in Klein Windhoek bekend. Sy boek is ‘n ontstellende weergawe van sy sakereis in 2017 wat in ‘n nagmerrie beproewing verander het. Hy het […]

Read More

Ontwikkelingsbegroting suip aan die agterspeen

Daar word berig dat die 2,9 miljard Namibiese dollar wat die regering uitgehaal het om staatsamptenare ‘n verhoging te gee, en wat ses keer meer is as die 500 miljoen dollar ekstra wat aan ontwikkelingsprojekte gegee is, nie produktiwiteit ‘n hupstoot sal gee nie. Volgens die Tender Bulletin, is daar in September, halfpad deur die huidige […]

Read More

Brent daal skerp, ekonoom sê produksie daal

Die Brent ru-olieprys bly daal en verhandel tans teen ongeveer 86 Amerikaanse dollar per vat. Kommer oor die wêreld se ekonomiese toestand en oormaat aanbod van Brent ru-olie speel ‘n rol in die prys. China, die wêreld se grootste ru-invoerder, beïnvloed ook die vraag na brandstof weens die Covid-pandemie wat nie daar wil wyk nie. […]

Read More

Appèlhof sê vandag oor Zuma se mediese parool

Die Appèlhof in Suid-Afrika sal na verwagting vandag uitspraak lewer oor die wettigheid van oudpresident Jacob Zuma se mediese parool. Die hof sal ook beslis of die Hooggeregshof korrek was om te bevind dat die tyd wat hy op mediese parool deurgebring het, nie as deel van sy vonnis moet tel nie. Zuma is deur die voormalige […]

Read More

COP27: Fonds vir arm lande verwelkom maar geen beperking op verwarming nie

COP27 het afgesluit met ‘n ooreenkoms dat ‘n fonds vir verlies en skade deur klimaatsverandering daargestel moet word vir ontwikkelende lande. Maar, daar is geen besonderhede oor wie wat sal betaal nie en ook nie wie die geld sal ontvang nie. Die EU en die VSA het hul kommer oor die fonds uitgespreek en sê […]

Read More

Kaapstad, Eskom werk saam op vandalisme, onwettige verbindings

Die Stad Kaapstad en Eskom in die Wes-Kaap het ‘n samewerkingsprojek met die gemeenskap in Elsiesrivier van stapel gestuur. Die projek het ten doel om bewustheid en openbare opvoeding te verhoog terwyl die vandalisering van infrastruktuur en onwettige verbindings steeds ‘n kopseer in die metro is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, […]

Read More

Amper N$1,3m se dagga in vragmotor gevind

Die Namibiese polisie sê ‘n Namibiese vragmotorbestuurder is by die Windhoek-Rehoboth padblokkade in hegtenis geneem in besit van dagga ter waarde van net meer as 1,276 miljoen Namibiese dollar. Hy was op pad terug vanuit Suid-Afrika. Na verdere ondersoek ingestel is, is drie ander verdagtes in die Noordelike Industriële Gebied ook vasgetrek met een verdagte, […]

Read More

Ministerie reageer op hengse gat in die pad in Etosha

‘n Foto op sosiale media van ‘n groot gat in die pad bo-oor ‘n leivoor naby die Nebrownii-watergat in Etosha, is wyd versprei. Besoekers en toergidse kla reeds ‘n geruime tyd oor die haglike padtoestande in die park. Die woordvoerder van die omgewingsminsiterie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat klagtes ontvang is, […]

Read More

Eskom: Diesel is op, beurtkrag is terug, en wisselvallig

Eskom sal hierdie week voortgaan om verskillende fases beurtkrag in te stel. Die maatskappy het bevestig daar gaan geen meer diesel verbrand word om beurtkrag te versag nie. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha het aan energiekenner Chris Yelland bevestig dat die nutsmaatskappy nie ‘n enkele liter diesel oor het nie. Mantshantsha sê dieseltenke vir Eskom se […]

Read More