BBP-groei: Saftu sê daar’s niks om te vier nie

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê daar is niks om te vier wat die geringe groei in die bruto binnelandse produk vir die derde kwartaal vanjaar betref nie. Die ekonomie het met 1,6 persent gegroei wat neerkom op ‘n jaar-tot-jaar toename van 4,1 persent. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie is op […]

Read More

Internskappe bring N$8,8m vir kleinhandelaars in

Plaaslike media berig dat groot- en kleinhandel vanjaar meer as 8,8 miljoen Namibiese dollar van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid verdien het. Die fondse kom as gevolg van die aanstellings in internskapsprogramme. Luidens berigte is daar 17 kleinhandelaars wat by die  owerheid se program verlede jaar aangesluit het. Die owerheid sê die projek poog om kleinhandel te formaliseer deur […]

Read More

Polisie-vergadering op Brakwater vir misdaadbekamping die feestyd

Die Namibiese polisie en die Windhoekse Stadspolisie hou op Saterdag 10 Desember ‘n gemeenskapsvergadering by Brakwater vir die Windhoek landelike kiesafdeling ten einde vennootskap te versterk en samewerking tussen die polisie en die gemeenskap in misdaadvoorkomingspogings te versterk. Die gebied het groot uitdagings met misdaad omdat dit aan die buitewyke van die hoofstad is en […]

Read More

Cyril sê dit gaan oor wetenskap

President Cyril Ramaphosa sê dis vandag meer as ooit nodig dat wetenskap ingespan word om die mensdom te help teen siektes, klimaatsverandering en voedselonsekerheid. Hy het by die opening van die eerste Wêreld-wetenskapsforum op Afrika-grond by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gepraat. Die president het die forum uitgedaag om vyf belangrike vrae noukeurig te oorweeg. Dit […]

Read More

Vyf vroue lê nuwe klagtes teen Bill Cosby

Die akteur en komediant, Bill Cosby, staar nuwe beskuldigings deur vyf vroue in die gesig, van seksuele aanranding en mishandeling onder New York se nuwe Wet op Volwasse Oorlewendes. Die regsgeding van 34 bladsye word aanhangig gemaak deur die aktrises Lili Bernard, Eden Tirl, Jewel Gittens, Jennifer Thompson en Cindra Ladd. Hulle beskuldig Cosby van aanranding, mishandeling, emosionele skade […]

Read More

Bewerings dat Vrystaatse amptenare MIV-medisyne steel

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid ontken bewerings dat sy klinieke onvoldoende voorraad het. Volgens inwoners het klinieke reeds ʼn tyd lank nie antiretrovirale medisyne nie. Die departement het gereageer dat hy slegs genoeg voorraad vir twee weke kry. Die hoofsekretaris van die Treatment Action Campaign, Anele Yalwa, vermoed sommige amptenare van die departement steel antiretrovirale […]

Read More

Maureen en Job vra uitstel, moet nog saak beplan

Die adjunkminister van finansies Maureen Hinda-Mbuende se saak teen Job Amupanda kom vandag vlugtig voor regter Collins Parker voor. Die partye vra die hof om die saak tot 24 Januarie uit te stel omdat hulle nog nie kon vergader oor ‘n voorverhoor-verslag nie. Hinda-Mbuende dagvaar Amupanda vir ‘n miljoen dollar in skadevergoeding na hy ‘n […]

Read More

Swartbesigheid reageer op verbetering in SA se BBP

Die Black Business Council in die buurland het die verhoging in die bruto binnelandse produk verwelkom en sê dit beklemtoon groei en herstel in Suid-Afrika. Volgens Statistiek SA het die BBP met 1,6 persent gestyg. Die jongste lesing word toegeskryf aan beter prestasie in ekonomiese bedrywighede. Dit sluit onder meer die landbou-, vervaardigings- en vervoerdienste-sektore […]

Read More

Al Jazeera nader strafhof oor Abu Akleh

Die televisienetwerk Al Jazeera het ʼn amptelike versoek teen Israeliese magte by die Internasionale Strafhof ingedien oor die dood van die joernalis, Shireen Abu Akleh. Die Palestyns-Amerikaanse joernalis is in Mei tydens ʼn Israeliese klopjag in ʼn vlugtelingkamp aan die buitewyke van die stad, Jenin, op die besette Wesoewer in die kop geskiet. Die kanaal wat in Katar gebaseer is, sê […]

Read More

Tjongarero vol lof vir Krieket Namibië

Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero het Krieket Namibië geloof vir sy vooruitstrewende aanslag om krieket in die land te bevorder en weereens gasheer te wees vir die Castle Lite Reeks wat môre afsluit. Die driehoekige reeks is tussen die Richelieu Eagles, Nepal en Skotland gehou. Tjongarero sê Namibiese krieket het die wêreld se aandag getrek.

Read More