Amper N$1,3m se dagga in vragmotor gevind

Die Namibiese polisie sê ‘n Namibiese vragmotorbestuurder is by die Windhoek-Rehoboth padblokkade in hegtenis geneem in besit van dagga ter waarde van net meer as 1,276 miljoen Namibiese dollar. Hy was op pad terug vanuit Suid-Afrika. Na verdere ondersoek ingestel is, is drie ander verdagtes in die Noordelike Industriële Gebied ook vasgetrek met een verdagte, ‘n 37-jarige Namibiër wat in die voet geskiet is toe hy probeer het om te vlug. Intussen is twee Namibiese mans, 45 en 47 jaar oud, op pad Maltahöhe toe vanaf Mariental ook gearresteer in besit van 30 pakkies dagga. Die waarde van die vonds moet nog bepaal word.