Brent daal skerp, ekonoom sê produksie daal

Die Brent ru-olieprys bly daal en verhandel tans teen ongeveer 86 Amerikaanse dollar per vat. Kommer oor die wêreld se ekonomiese toestand en oormaat aanbod van Brent ru-olie speel ‘n rol in die prys. China, die wêreld se grootste ru-invoerder, beïnvloed ook die vraag na brandstof weens die Covid-pandemie wat nie daar wil wyk nie. Oliehandelaars voorspel dat die vraag selfs vinniger sal afneem. Plaaslike ekonooom Gabriel Erastus gee sy mening…