Kaapstad, Eskom werk saam op vandalisme, onwettige verbindings

Die Stad Kaapstad en Eskom in die Wes-Kaap het ‘n samewerkingsprojek met die gemeenskap in Elsiesrivier van stapel gestuur. Die projek het ten doel om bewustheid en openbare opvoeding te verhoog terwyl die vandalisering van infrastruktuur en onwettige verbindings steeds ‘n kopseer in die metro is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê tegnici het honderde foute die afgelope paar maande herstel en sny gereeld onwettige verbindings af: