Kenner sê dis ‘n hartseer herdenking van Madiba se dood

Dit is vandag nege jaar sedert die dood van Nelson Mandela. Mandela, Suid-Afrika se eerste demokratiese verkose president, is in 2013 op die ouderdom van 95 oorlede. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-sake sê dit is tragies dat die ideale waarvoor Madiba so hard baklei het, nou in gedrang is.

Read More

Jonathan – die verruklikste ou toppie ooit!

Die eiland van St. Helena herdenk die verjaardag van die wêreld se oudste lewende landdier – ’n Seychelle-reuseskilpad Jonathan, wat 190 word. Die woning van die eiland se goewerneur, waar Jonathan die grootste deel van sy lewe deurgebring het, vier die geleentheid deur vir drie dae oop te maak vir besoekers wat die “historiese mylpaal” wil vier. Daar is ook ‘n reeks gedenkseëls […]

Read More

Sokkergees staan sterk in Brittanje

Die Britte was nog altyd mal oor sokker maar jy moet weet as die opposisieleier oor die Britse span se vertoning met die media gesels dan het sokkergees oorgeneem, veral met die uitdagings wat daardie land in die gesig staar. Engeland het 3-0 teen Senegal gewen en Sir Keir Starmer, leier van die Arbeidersparty sê […]

Read More

Opul, China & prysperk stoot olie op

Oliepryse het vanoggend effe gestyg nadat Opul en sy vennote produksieteikens bestendig gehou het voor ‘n verbod en prysperk op Russiese olie deur die Europese Unie in werking tree. Intussen het sommige Chinese stede ook Covid-inperkings gelig. Die kommoditeit verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul het Sondag ooreengekom om produksie met 2 miljoen vate daagliks te sny tot 2023. Kenners meen die stap was […]

Read More

Cyril het reg om verslag in die hof uit te daag

Cyril Ramaphosa se presidentskap is in gedrang nadat hy in die Phala Phala-skandaal vasgevang is. Suid-Afrikaanse opposisiepartye eis nie net dat Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging geplaas word nie, hulle wil ‘n mosie van wantroue teen hom instel. Dit volg na die Artikel 89-paneel se verslag bevind het Ramaphosa het dalk ‘n saak om […]

Read More

Strep-A in Brittanje: Kindersterftes seldsaam maar ernstig

Sewe kinders is in die Verenigde Koninkryk dood as gevolg van sogenaamde Strep-A-infeksies. Die bakteriële infeksie wat deur Streptococcus veroorsaak is kom op die oomblik voor in die land, veral onder kinders. Kenners meen die inperkings tydens Covid het blootstelling aan die bakterieë onder kinders beperk en daarom die ernstige gevalle. ‘n Britse professor in […]

Read More

Bankman-Fried sal voor komitee getuig

Sam Bankman-Fried, die stigter van die nou bankrot kripto-beurs FTX, sê hy sal voor die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se Finansiële Dienstekomitee getuig na hy die gebeure wat gelei het tot die ineenstorting van FTX hersien het. Die komitee beplan om in Desember ‘n verhoor te hou om die saak te ondersoek en verwag om van die betrokke maatskappye en individue te hoor, insluitend […]

Read More

KZN-polisie fnuik plaasaanval

Die polisie in KwaZulu-Natal het oor die naweek ‘n beplande plaasaanval in Vryheid gefnuik. Die woordvoerder van die polisie, Robert Netshiunda, sê lede van die anti-veediefstalspan het op ‘n wenk oor ‘n voertuig met twee insittendes reageer. Hulle was na bewering op pad om ‘n plaas te beroof. Hy sê die verdagtes sal na verwagting […]

Read More

Erongo-polisie neem stappe na nog ‘n transito-roof

Die Namibiese polisie op Walvisbaai se ondersoek na die gewapende roof waar meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar gesteel is, vorder goed. Inspekteur Ileni Shapumba sê die stukkies van die legkaart kom bymekaar. Hy sê verder daar sal môre met maatskappye wat kontant vervoer vergader. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Werklose jeug kry geleenthede in Vrystaat

Die Vrystaatse premier Sisi Ntombela neem vanoggend tienuur die ondertekening-seremonie waar van opleidingskontrakte vir 100 werklose jeugdiges van dorpe in die Tokologo plaaslike munisipaliteit. Die digitale leerprogram wat befonds word deur die SETA-sektor vir onderwys, opleiding en ontwikkeling sal ses maande duur. Die premier se woordvoerder, Palesa Chubisi, sê die begunstigdes sal ‘n maandelikse toelaag, […]

Read More