Zebras ontsnap in VSA, een nog soek

Rodeo-werkers in die Amerikaanse staat Washington het gehelp om zebras, wat uit hul sleepwa ontsnap en by ʼn restaurant se verbaasde klante verbygedraf het, weer aan te keer. Vier sebras wat van Montana vervoer is, het sowat 40 kilometer van Seattle ontsnap en deur ʼn woonbuurt galop. ʼn Polisielid van Washington-staat, Rick Johnson, sê drie van die diere is vinnig aangekeer, maar hulle het gister nog na die ander een gesoek.