Alle vals klagte, nie net verkragtings nie, is gevaarlik

’n 15-jarige seun van Hoërskool Kriel in Mpumalanga, Suid-Afrika het homself met ’n das in ’n klaskamer opgehang nadat ‘n meisie hom daarvan beskuldig het dat hy haar verkrag het. Die meisie het na berigte daarna gesê dit was net ‘n grap. Vals verkragting beskuldigings is redelik algemeen en die tipe aantyging doen baie skade. […]

Read More

Nampol vra vir reserviste, buurtwagte

Nampol se Khomas-streekbevelvoerder, kommissaris David Indongo, vra lede van die publiek met permanente werk om aansoek te doen om as polisiereserviste om te help om misdaad in die streek te bekamp. Hy sê reserviste werk op ‘n vrywillige basis en aansoeke moet nie gedoen word met die bedoeling om outomaties in die polisiemag gewerf te word nie. Die mag het […]

Read More

Wettige ivoorhandel is nodig, veral vir SAOG

‘n Namibiese professionele jagter stem saam met afgevaardigdes van die SAOG-streek by die COP19 Cites-beraad in Panamastad, Panama, dat besprekings oor die olifantkwessie ‘n prioriteit moet wees. Namibië ondersteun vir Zimbabwe in sy voorstel dat die handel in rou ivoor van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe toegelaat word. Die Zambiese toerismeminister, Rodney Sikumba, […]

Read More

Groot makietie vir vigsdag op Gobabis

Dit wil voorkom asof groot makietie gemaak gaan word by die Wêreld Vigsdag-herdenkings op 1 Desember op Gobabis. Die Namibiese sportministerie vra kwotasies aan vir 60 BBP-etes en 250 etes vir lede van die publiek. Vir die gepeupel vra die ministerie vir ‘n middagete met ‘n gebotterde brötchen, ‘n 300-gram lamtjop, 200g boerewors, ‘n koeldrank en ‘n appel of ‘n […]

Read More

Busse gebrand, gekaap tydens Kaapse taxi-staking

Die Stad Kaapstad sê die taxistaking se impak in die stad was tot dusver vanoggend gering. Taxi-operateurs staak oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Blue Dot-taxiprojek te staak. Die stad se woordvoerder, JP Smith, sê daar was lafhartige aanvalle op sommige van die stad se voertuie toe twee Golden Arrow- en ‘n MyCiti-bus […]

Read More

Namport vertoon uiters goed in eerste 7 maande

Namport het 20 persent meer verdien, 796 miljoen Namibiese dollar, vir die sewe maande tot einde Oktober vanjaar. Die hawe-owerheid se uitvoerende hoof Andrew Kanime, sê dus het bedryfswins met 63 persent tot 202 miljoen dollar gestyg. Volgens Kanime is dit organiese groei en nie as gevolg van enige tariefaanpassings nie. Hy sê beide ou en nuwe kliënte is verwelkom en bedien. Die owerheid […]

Read More

DA verwelkom beslissing dat Zuma se mediese parool onwettig is

Die DA verwelkom die Appèlhof se uitspraak dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig was. Die DA het op 10 September 2021 by die Gautengse hoërhof aansoek gedoen om Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, se besluit om oudpresident Jacob Zuma op mediese parool te plaas, te hersien en tersyde te stel. Die aansoek het […]

Read More

Noord-Korea soek aandag, meen kenner

Charley Cooper, voormalige militêre adviseur van die Amerikaanse regering, sê Noord-Korea ‘soek aandag’. Volgens Cooper is Noord-Korea ‘n onbekende vir die Weste sowel as sy eie bondgenote. Hy verduidelik.

Read More

Nienaber roep ses spelers op vir Engeland-toets

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het ses spelers opgeroep om by sy groep aan te sluit vir Saterdag se laaste toets teen Engeland op Twickenham. Dit volg nadat sommige spelers soos Cheslin Kolbe en Vincent Koch na hulle klubs moes terugkeer omdat die kragmeting buite die internasionale toets-tydperk val. Suid-Afrika “A” se kaptein Thomas du Toit, […]

Read More

Amushelelo gaan reguit Chinatown toe na landdros sy saak onttrek

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo het die gras onder sy voete laat groei nie. Hy is kort na sy saak in die Katutura-landdroshof onttrek is as gevolg van ‘n vertraging deur die aanklaer-generaal om klagte te finaliseer, sy opwagting in Chinatown in die hoofstad gemaak. Hy het met van die Chinese handelaars gepraat oor die […]

Read More