Eskom: Diesel is op, beurtkrag is terug, en wisselvallig

Eskom sal hierdie week voortgaan om verskillende fases beurtkrag in te stel. Die maatskappy het bevestig daar gaan geen meer diesel verbrand word om beurtkrag te versag nie. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha het aan energiekenner Chris Yelland bevestig dat die nutsmaatskappy nie ‘n enkele liter diesel oor het nie. Mantshantsha sê dieseltenke vir Eskom se oopsiklus-gasturbines is dolleeg. Volgens hom kan Eskom doodeenvoudig nie meer bekostig om aanlegte te bedryf nie. Daar is glo tans nie ‘n enkele bestelling vir diesel gemaak nie en geen enkele skip of vragmotor is op pad nie. Hy sê veranderings in die beurtkragfases sal meer wisselvallig wees: