Djokovic vat hom in Turyn

Novak Djokovic het in Turyn ‘n rekord geëwenaar met sy sesde oorwinning by ‘n ATP-jaareindtoernooi. Die Serwiër het Casper Ruud van Noorweë met 7-5 en 6-3 afgeransel. Djokovic het die ATP-jaareindtoernooi nou in drie verskillende stede gewen, naamlik Sjanghai in 2008, Londen in 2012, 2013, 2014 en 2015, en vanjaar in Turyn. Die 35-jarige speler het ook die oudste kampioen geword in die toernooi se bestaan van 53 jaar. Djokovic sê hy is gelukkig om die seisoen op ‘n hoë noot af te sluit: