Black Beach: Janse van Rensburg oor sy ervaring in die tronk

Daniel Janse van Rensburg, ‘n Suid-Afrikaanse sakeman met Namibiese bande, wat vir meer as 400 dae agter tralies was in die berugte Black Beach-gevangenis in Ekwatoriaal-Guinee, stel vanaand ses-uur sy boek, Black Beach, in Klein Windhoek bekend. Sy boek is ‘n ontstellende weergawe van sy sakereis in 2017 wat in ‘n nagmerrie beproewing verander het. Hy het korrupsie en magsmisbruik op die hoogste regeringsvlakke in die olieryke land in Wes-Afrika oopgevlek. Howe het President Teodoro Mbasogo se seun, wat ook adjunkpresident is, Teodore Mangue, beveel om skadevergoeding van meer as 39 miljoen Namibiese dollar aan Janse van Rensburg te betaal. Van Rensburg gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor sy ervaring in die tronk.