COP27: Fonds vir arm lande verwelkom maar geen beperking op verwarming nie

COP27 het afgesluit met ‘n ooreenkoms dat ‘n fonds vir verlies en skade deur klimaatsverandering daargestel moet word vir ontwikkelende lande. Maar, daar is geen besonderhede oor wie wat sal betaal nie en ook nie wie die geld sal ontvang nie. Die EU en die VSA het hul kommer oor die fonds uitgespreek en sê dit kan lei tot blootstelling en kwesbaarheid vir talle eise. Intussen, is daar geen ooreenkoms bereik om klimaatsverandering te bekamp nie. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê die fonds is ‘n goeie stap maar, beteken niks as daar nie beperking van verwarming is nie.