OVK ‘moet ingryp oor ANC se misbruik van mag’

Die Democratic Union-party sê die ANC se versoek dat die diplomatieke korps moet help met die party se veldtog in die buiteland, is ‘n blatante misbruik van mag. ‘n Brief deur die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC is in omloop waarin hy diplomatieke personeel vra om vandag aan ‘n aanlyn-vergadering deel te neem om die ANC se mobiliseringstrategie vir 2024 te bespreek. Die sekretaris-generaal van die DUP, Thapelo Makgale, sê die Verkiesingskommissie moet dringend ingryp.