Projek by Bernafay hervestiging-plaas skop af

Die landbou-ministerie en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die Bernafay hervestiging-plaas geïntegreerde voedselstelsels-projek by Mariental van stapel gestuur. Dit sal na verwagting landbouproduksie verhoog, die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot gee en ‘n langtermyn-pad vir landelike ontwikkeling en selfvoorsiening skep. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes bygewoon, insluitend skenkers en omliggende kleinboere. Ndiyakupi Nghituwamata, die adjunk-uitvoerende direkteur van die landbouministerie, het by die geleentheid die rede vir die hervestiging van die boere na Bernafay gegee.