Ministerie reageer op hengse gat in die pad in Etosha

‘n Foto op sosiale media van ‘n groot gat in die pad bo-oor ‘n leivoor naby die Nebrownii-watergat in Etosha, is wyd versprei. Besoekers en toergidse kla reeds ‘n geruime tyd oor die haglike padtoestande in die park. Die woordvoerder van die omgewingsminsiterie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat klagtes ontvang is, maar hy sê dat die ministerie die afgelope twee jaar besig is om die paaie te herstel en op te gradeer. Muyunda doen ‘n beroep op besoekers om nie die spoedperk te oorskry nie, aangesien dit ook skade aan die paaie aanrig.