Appèlhof sê vandag oor Zuma se mediese parool

Die Appèlhof in Suid-Afrika sal na verwagting vandag uitspraak lewer oor die wettigheid van oudpresident Jacob Zuma se mediese parool. Die hof sal ook beslis of die Hooggeregshof korrek was om te bevind dat die tyd wat hy op mediese parool deurgebring het, nie as deel van sy vonnis moet tel nie. Zuma is deur die voormalige gevangenishoof Arthur Fraser op parool vrygelaat, nadat hy minder as twee maande van ‘n vonnis van 15 maande vir minagting uitgedien het. Dit was ondanks die mediese parooladviesraad se bevinding, dat Zuma nie vir parool in aanmerking kom nie.