Nóg skandes oor FTX kripto-beurs

Nog skandes kom aan die lig in verband met die FTX kripto-beurs. Volgens wat berig word het FTX ‘n mediamaatskappy, Block, vir meer as ‘n jaar in die geheim gefinansier. Reguleerders regoor die wêreld, insluitend in die Bahamas waar FTX gesetel is en in die Verenigde State, ondersoek die rol van FTX se topbestuurders in […]

Read More

Rentekoerse het amper verdubbel – en dis nie klaar nie

Huishoudings en besighede word gemaan om in 2023 omsigtig met finansiële bronne te werk omdat rentekoerse steeds sal styg, al is dit met kleiner spronge. Rentekoerse het tydens Covid rekord laagtepunte bereik en het in November verlede jaar begin styg. Die Bank van Namibië het die repokoers in November 2021 onveranderd op 3,75 persent gehou. […]

Read More

Korruptes ondermyn oppergesag van die reg – Thuli

Die voormalige openbare vervolger in Suid-Afrika, Thuli Madonsela, sê sistemiese mislukking binne die regering vorm die kern van korrupsie. Madonsela sê griewe wat lei tot mislukking en ‘n onwilligheid om by die reëls te hou, het ook bygedra. Sy meen staatskaping het nie net oor geld gegaan nie, maar dit was ook gemik op die […]

Read More

Toenemende kommer oor Rusland-Iran samewerking

Die VSA sê Rusland en Iran se verhouding het versterk tot ‘n volwaardige verdedigings-vennootskap. Die Nasionale Veiligheidsraad-woordvoerder, John Kirby, sê Rusland kry ‘n ongekende vlak van militêre steun. Hy sê die VSA het berigte gesien dat die twee lande gesamentlik die produksie van dodelike hommeltuie oorweeg. Australië het aangekondig dat hy teen drie Irannese burgers […]

Read More

Vroue en kinders in Namibië is kwesbaar oor feestyd

Met die Kersvakansie op hande, het Namibiërs verskillende aktiwiteite beplan oor hoe en waar om hul feestyd deur te bring. Met al hierdie vieringe, wonder ‘n mens of hierdie vakansiedae ‘n nadeel vir weerlose lede van die samelewing inhou. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die tipe risiko’s wat vroue, […]

Read More

5G-moratorium na Covid-teorieë steeds plaaslik in plek

MTC sê hy het sy netwerkinfrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi. Die stappe is geneem ter voorbereiding vir die toekomstige opheffing van die land se bestaande moratorium of 5G. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga het onlangs aangekondig dat die regering nog ten gunste is van die moratorium wat in […]

Read More

Ramaphosa kan nie tydlyn gee oor beëindiging van beurtkrag nie

President Cyril Ramaphosa sê hy kan hom nie verbind tot ’n tydskaal vir ‘n einde aan die voortslepende beurtkrag nie. Hy het met die media in Philippi in Kaapstad gepraat. Die besoek het deel uitgemaak van die ANC se Letsema-veldtog, wat fokus op die versterking van die party se takke voor die 2024-verkiesing. Ramaphosa sê […]

Read More

Kenner sê oor nuwe vlaag olifant-vrektes in Botswana

Botswana ondersoek ‘n nuwe vlaag olifantvrektes in die noorde van die land, twee jaar nadat die owerhede gesê het dat natuurlik geproduseerde gifstowwe meer as 300 olifante doodgemaak het. Die dooie olifante is die eerste keer gevind deur die bewaringsgroep Elephants Without Borders, wat teen einde Oktober 57 karkasse getel het, meestal in ‘n gebied […]

Read More

Legendariese Amerikaanse valskermspringer sterf op 94

Die afgetrede Amerikaanse lugmag-kolonel en valskermspringer Joseph Kittinger, wat meer as 50 jaar lank die wêreldrekord gehou het vir die hoogste valskermsprong, is in die ouderdom van 94 oorlede. Kittinger het dié wêreldrekord in 1960 opgestel, toe hy ‘n sprong van byna 32 kilometer hoog uitgevoer het. Hy het wêreldwyd roem verwerf deur drie spronge […]

Read More

Gesondheidsministerie soek kwotasies vir vervoer van huisraad van buitelandse dokters wat land verlaat

Die Namibiese gesondheidsministerie vra kwotasies aan om huishoudelike goedere vir drie buitelanders terug na hul tuislande te vervoer. Die drie tenders, wat op 9 Desember beskikbaar gestel is, sluit op 20 Desember. Die tenders sal op ‘n aardige bedrag uitloop en dit is alombekend dat daar finansiële uitdagings is met voldoende mediese sorg in die […]

Read More