Skandelik dat Namcor reddingsboei moet kry

Namcor het ‘n reddingsboei van 1,2 miljard Namibiese dollar van die regering ontvang wat regstreeks aan die maatskappy se debiteure en verskaffers betaal is, volgens die Engelse dagblad, The Namibian. Dit beteken die maatskappy, wat in September verlede jaar sy verskaffers 1,9 miljard dollar geskuld het, kan likwidasie vermy. Dit is die tweede bekende reddingsboei aan Namcor, wat sowat 260 miljoen dollar in 2010 gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, ‘n kenner van korporatiewe bestuur, wat sê die reddingsboei is ‘n simptoom van probleme in die maatskappy.

Kudumo sê bestuur binne die maatskappy moet reg gedoen word.