Ramaphosa sê beurtkrag is nie Eskom of regering se skuld

President Cyril Ramaphosa het dit benadruk dat daar steeds bewerings is van sabotasie met betrekking tot beurtkrag. Hy vra Suid-Afrikaners moet die nuwe Eskom-raad kans gee om oplossings te vind vir die kragkrisis en dat dit nie ‘n doelbewuste veldtog van die regering is nie.

Read More

Nampol konfiskeer dwelms landwyd

Die Namibiese polisie het weer groot uitdagings met dwelms gehad. In die weeklikse misdaadverslag is ‘n 23-jarige Namibiese man en ‘n 31-jarige Namibiese vrou vas op Noordoewer vir dagga, tik en onwettige sigarette ter waarde van net minder as 57 000 Namibiese dollar. Op Aussenkehr is ‘n 35-jarige man en ‘n 32-jarige vrou, ook beide […]

Read More

Gevolge van beurtkrag op township-ekonomie is katastrofies

Sake-eienaars in Suid-Afrika sukkel om kop bo water te hou weens beurtkrag. Eskom het verlede week die land weer in fase ses-beurtkrag gedompel, en talle sakeondernemings was daagliks byna agt ure lank sonder krag. Die woordvoerder van die Township Entrepreneurs Alliance, Bulelani Balabala, sê die gevolge van die opeenvolgende kragonderbrekings vir die township-ekonomie is katastrofies:

Read More

Vyf dood, vier vermis, 40 dakloos na ontploffing op Jersey-eiland

Nooddienste het bevestig dat die soek-en-reddingsoperasies by ‘n drie-verdieping woonstelblok op die Britse eiland Jersey nou ‘n herwinningsoperasie is. Vyf mense is dood ná ‘n ontploffing by Haut du Mont in Pier-weg, in die hoofstad, St Helier. Vier mense word nog vermis. Sowat 40 mense is dakloos gelaat in die ontploffing en die skade wat […]

Read More

Nóg skandes oor FTX kripto-beurs

Nog skandes kom aan die lig in verband met die FTX kripto-beurs. Volgens wat berig word het FTX ‘n mediamaatskappy, Block, vir meer as ‘n jaar in die geheim gefinansier. Reguleerders regoor die wêreld, insluitend in die Bahamas waar FTX gesetel is en in die Verenigde State, ondersoek die rol van FTX se topbestuurders in […]

Read More

Rentekoerse het amper verdubbel – en dis nie klaar nie

Huishoudings en besighede word gemaan om in 2023 omsigtig met finansiële bronne te werk omdat rentekoerse steeds sal styg, al is dit met kleiner spronge. Rentekoerse het tydens Covid rekord laagtepunte bereik en het in November verlede jaar begin styg. Die Bank van Namibië het die repokoers in November 2021 onveranderd op 3,75 persent gehou. […]

Read More

Korruptes ondermyn oppergesag van die reg – Thuli

Die voormalige openbare vervolger in Suid-Afrika, Thuli Madonsela, sê sistemiese mislukking binne die regering vorm die kern van korrupsie. Madonsela sê griewe wat lei tot mislukking en ‘n onwilligheid om by die reëls te hou, het ook bygedra. Sy meen staatskaping het nie net oor geld gegaan nie, maar dit was ook gemik op die […]

Read More

Toenemende kommer oor Rusland-Iran samewerking

Die VSA sê Rusland en Iran se verhouding het versterk tot ‘n volwaardige verdedigings-vennootskap. Die Nasionale Veiligheidsraad-woordvoerder, John Kirby, sê Rusland kry ‘n ongekende vlak van militêre steun. Hy sê die VSA het berigte gesien dat die twee lande gesamentlik die produksie van dodelike hommeltuie oorweeg. Australië het aangekondig dat hy teen drie Irannese burgers […]

Read More

Vroue en kinders in Namibië is kwesbaar oor feestyd

Met die Kersvakansie op hande, het Namibiërs verskillende aktiwiteite beplan oor hoe en waar om hul feestyd deur te bring. Met al hierdie vieringe, wonder ‘n mens of hierdie vakansiedae ‘n nadeel vir weerlose lede van die samelewing inhou. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die tipe risiko’s wat vroue, […]

Read More

5G-moratorium na Covid-teorieë steeds plaaslik in plek

MTC sê hy het sy netwerkinfrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi. Die stappe is geneem ter voorbereiding vir die toekomstige opheffing van die land se bestaande moratorium of 5G. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga het onlangs aangekondig dat die regering nog ten gunste is van die moratorium wat in […]

Read More