Ramaphosa kan nie tydlyn gee oor beëindiging van beurtkrag nie

President Cyril Ramaphosa sê hy kan hom nie verbind tot ’n tydskaal vir ‘n einde aan die voortslepende beurtkrag nie. Hy het met die media in Philippi in Kaapstad gepraat. Die besoek het deel uitgemaak van die ANC se Letsema-veldtog, wat fokus op die versterking van die party se takke voor die 2024-verkiesing. Ramaphosa sê daar word hard gepoog om beurtkrag te verminder. Hy sê dit is noodsaaklik om die gebroke stelsel te herstel: