Ekonoom het kommer oor oortrokke fasiliteite en huishoudings

Oortrokke fasiliteite is volgens berigte baie gewild onder huishoudings om kostes te dek. Maar, die fasiliteite het baie hoë rentekoerse en kan rekeninghouers in moeilikheid laat. Daar is ook kommer omdat huishoudings moontlik die fondse kan gebruik vir Desember uitgawes terwyl Januarie nog wag. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Rehoboth se beplanning vanaand onder die loep

Inwoners van Rehoboth word uitgenooi om vanaand ‘n openbare vergadering by te woon wat die stedelike struktuur van die dorp oor die volgende 20 tot 30 jaar sal dra, onder die loep sal neem. Inwoners se insette word aangevra vir die sogenaamde Rehoboth Urban Structure-plan wat deur WinPlan ontwikkel sal word en terugvoer oor die vordering van die plan sal ook by die vergadering […]

Read More

Tuisskoling word ‘n opsie vir ouers, en dis nie oor geld nie

Ekonome het voorspel dat talle ouers moontlik hul kinders uit formele skole sal verwyder as gevolg van ekonomiese druk en hulle eerder in tuisskool-programme plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Monja Gouws, mede-stigter van die Homeschooling Association of Namibia gesels en sy sê hulle het talle nuwe aansoeke, maar nie as gevolg van ekonomiese uitdagings […]

Read More

Opul wil olieprys bestendig hou wanneer hy vergader

Opul en sy vennote vergader die week in Wene. Daar is kommer omdat ‘n verdere besnoeiing in produksie moontlik die brandstofprys verder kan opstoot. Daar word berig dat Opul die mark se omstandighede in ag sal neem maar die groep wil ook nie sien dat die ru-olieprys te ver sal daal nie. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

LPM baklei vir Pos 1 & 3 se watergehalte

Volgens die LPM-party is die water wat aan verskeie nedersettings by Epukiro verskaf nie geskik is vir menslike gebruik nie. Plaaslike media berig dat die party monsters deur NamWater laat ontleed het en sê daar is bevind die water is in klas-D, wat nie geskik is vir menslike gebruik nie. Die party het reeds gekommunikeer met landbouminister Calle Schlettwein in die verband […]

Read More

Twitter moet terreur, geweld monitor – Ardern

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê hulle gaan aanhou vra dat Twitter alles moontlik doen om aanlyn inhoud oor terrorisme en uiterste geweld te verminder. Dit volg nadat beeldmateriaal van die Christchurch-aanval verwyder is kort nadat die Nieu-Seelandse regering Twitter daarvan in kennis gestel het. Die videogrepe wat deur die Australiese aanvaller verfilm is, wat 51 Moslem-aanbidders in 2019 by twee moskees in […]

Read More

Kanada vat sy heel eerste Davisbeker

Felix Auger-Aliassime het Kanada gehelp om sy eerste Davisbeker te wen deur Australië in die eindstryd in Malaga, Spanje, te klop. Denis Shapovalov het Thanasi Kokkinakis in die eerste wedstryd van die ronde met 6-2 en 6-4 geklop om Kanada ‘n voorsprong te gee. Auger-Aliassime, die wêreld se nommer ses, het daarna Alex de Minaur […]

Read More

Kommer oor so baie seuns wat by geslagsgeweld betrokke is

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, sê mans behoort die eerste linie van verdediging te vorm teen enigiemand wat disrespek toon teenoor vroue en kinders. Sy het in Modderpoort gepraat by die provinsie se bekendstelling van sy veldtog van 16 Dae van Aktivisme téén Geslagsgebaseerde geweld teen Vroue en Kinders. Die provinsie se direkteur-generaal in die […]

Read More

Olie val verder terug namate Covid-gevalle en onrus in China toeneem

Oliepryse het vanoggend skerp gedaal toe handel oopmaak. Die kommoditeit het Vrydag op 84 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel maar tans kos ‘n vat rondom 81 dollar. Op ‘n stadium was die koste per vat onder 81 dollar, die laagste sedert 4 Januarie vanjaar. Kenners sê die Covid-uitbreking in China en die gepaardgaande inperkings wek kommer oor vraag. Analiste […]

Read More

Walvis se waterprobleme opgelos

Die uitdagings met watervoorsiening aan Walvisbaai se reservoirs is opgelos. Die munisipaliteit het oor die naweek van die kusdorp gemaan om water spaarsamig te gebruik as gevolg van skade wat deur ooswinde aan NamWater se krag-infrastruktuur op die dorp aangerig. Sommige dele van die dorp het geen water gehad nie terwyl ander weer uiters lae […]

Read More