Gesondheidsministerie soek kwotasies vir vervoer van huisraad van buitelandse dokters wat land verlaat

Die Namibiese gesondheidsministerie vra kwotasies aan om huishoudelike goedere vir drie buitelanders terug na hul tuislande te vervoer. Die drie tenders, wat op 9 Desember beskikbaar gestel is, sluit op 20 Desember. Die tenders sal op ‘n aardige bedrag uitloop en dit is alombekend dat daar finansiële uitdagings is met voldoende mediese sorg in die land. Dr. Celia Mukulu, ‘n radioloog van Uganda se huisraad van 1,16 ton, moet amper 5 000 kilometer na Kampala vervoer word. Dr. Olubukula Fanini se huisraad van 1 ton moet amper 2 500 kilometer na Maseru vervoer word en mejuffrou Shupikai Mhlandhla, vir wie geen aanduiding van ‘n mediese kwalifikasie gevind kon word nie, se goedere van met minder as 600 kilogram moet na Mutare in Zimbabwe, ongeveer 1 600 kilometer, vervoer word.