5G-moratorium na Covid-teorieë steeds plaaslik in plek

MTC sê hy het sy netwerkinfrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi. Die stappe is geneem ter voorbereiding vir die toekomstige opheffing van die land se bestaande moratorium of 5G. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga het onlangs aangekondig dat die regering nog ten gunste is van die moratorium wat in 2020 ingestel is na samesweringstoerieë oor Covid en 5G. Die regering sal weer tussen Maart en Junie volgende jaar na die kwessie kyk. Die regering het destyds opdrag aan die omgewingsministerie gegee om na die impak van 5G te kyk en ook die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, gevra om ‘n 5G strategie te ontwikkel. Talle Afrika-lande het reeds 5G bekendgestel.