Unam-werkers kry glo wel vandag hul salarisse

Unam het Dinsdag ‘n interne boodskap aan werknemers uitgereik om hulle in te lig dat daar ‘n moontlikheid is dat hulle nie hulle salaris vir Mei op die 15de sal kry, soos gewoonlik nie. Die boodskap het die publieke lig gesien en is wyd gedra. Vandag het die woordvoerder van Unam, Simon Namesho, laat weet dat die werknemers wel hulle salarisse vandag gaan kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Namesho gepraat.