Slowaakse premier bedenklik na sluipmoordpoging

Die Slowaakse eerste minister, Robert Fico, is na bewering in ‘n bedenklike toestand ná ‘n sluipmoordpoging in Handlova, noordoos van die hoofstad Bratislava. Vier skote is afgevuur nadat hy ‘n regeringsvergadering verlaat het en een het hom in die buik getref. Die 59-jarige is daarna per helikopter hospitaal toe vervoer. Die polisie het glo ‘n verdagte in hegtenis geneem. Wêreldleiers soos die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, die Tsjeggiese eerste minister, Petr Fiala, en die Hongaarse eerste minister, Victor Orabn, het die voorval sterk veroordeel.