Legendariese Amerikaanse valskermspringer sterf op 94

Die afgetrede Amerikaanse lugmag-kolonel en valskermspringer Joseph Kittinger, wat meer as 50 jaar lank die wêreldrekord gehou het vir die hoogste valskermsprong, is in die ouderdom van 94 oorlede. Kittinger het dié wêreldrekord in 1960 opgestel, toe hy ‘n sprong van byna 32 kilometer hoog uitgevoer het. Hy het wêreldwyd roem verwerf deur drie spronge uit te voer vanuit ‘n gondel wat deur groot helium-balonne die stratosfeer in gehys is. Die spronge was deel van ‘n ondersoek, Project Excelsior, wat gefokus het op die ontwerp van uitskiet-stelsels vir militêre vlieëniers wat hoë-hoogte sendings uitvoer.